KH weier inspeksie deur DA-grootkop

Lees ook :

’n Oorsig inspeksie om die gereedheid toestand, in die geval van beurtkrag, by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley vas te stel is stopgesit.

John Steenhuisen, ’n DA-parlementslid, het vanaf Kaapstad gevlieg vir die oorsig inspeksie by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley. Maar die versoek van Andrew Louw, DA-premierskandidaat vir die Noord-Kaap, is deur Xholile Jack, hoof van ministerie en Lebogang Majaha, gesondheidsdepartement-woordvoerder, geweier.

Jack en Majaha het vir Steenhuisen en Louw by noodgevalle ontvang. Jack het gesê hulle is nie bewus van enige reëlings vir die inspeksie nie. Louw het die versoek, in die vorm van ‘n e-pos, met bewyse dat dit ontvang is aan Majaha en Jack gewys. “Ons het die prosedures stiptelik gevolg. Die nodige reëlings is getref. Ons het bewyse die versoek is gelees,” het Louw gesê.

Steenhuisen het aan Jack gesê die oorsig inspeksie wil net die gereedheid toestand van die hospitaal bepaal. “Ek is nie hier om met jou pasiënte te praat nie. Ek is net hier om vas te stel of julle genoeg diesel het, in die geval van beurtkrag, om die kragopwekkers aan die gang te hou,” het Steenhuisen aan Jack gerig.

Jack het verder aangedring die nodige reëlings is nie getref nie. Daarna het Louw gevra om in ’n raadsaal te vergader om die hospitaal ’n kans te gee om op die vrae te antwoord. Jack en Mahaja het daarvoor ingestem en die inspeksie-span en die media na ’n raadsaal geneem.

By die raadsaal het Jack gesê: “Ons wag net vir die uitvoerende bestuurder, dr. Allistar Lemmie Kantani, om op te daag voordat ons met die vergadering kan voortgaan.” ’n Paar minute het Jack en Mahaja hulle self verskoon om Kantani te gaan soek.

Mahaja en Jack het meer as ’n kwartier later sonder Kantani opgedaag. Hulle het ’n vorige persverklaring, gedateer  18 Maart, aan die media uitgedeel. Louw en Steenhuisen het vrae gerig, maar Jack het geweier daarom te antwoord. Jack het voorgestel die vrae word opskrif aan hulle deurgestuur. “Ons sal binne 24 uur op julle al vrae antwoord,”  het Jack gesê.

“Op verskeie kere het ons vra opskrif aan hierdie departement gerig, maar tot vandag wag ons vir daardie antwoorde. Ons twyfel nie jou belofte nie, maar ons verwag teen môre antwoorde,” het Louw die vergadering afgesluit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App