Kimberley-funfair – “ons wil die gevoel van die ou Kimberley-skou terugbring”

Lees ook :

In September 2019 word hier ’n funfair in Kimberley gehou en word aangebied deur Mob Entertainment.

Onvergeetlike ervarings

“Dit was altyd ’n tradisie as kind om elke R2 wat jy verdien het deur werk rondom die huis te doen, te spaar, sodat jy die Kimberley-skou met jou familie en vriende kon besoek. Dit is ons idee met die Kimberley Funfair. Ons wil kinders die onvergeetlike ervaring gee, net soos die ou Kimberley-skou aan ons gegee het. Ons moet baie meer geleenthede skep vir ouers om met hul kinders te bond terwyl hulle nog kinders is,” verduidelik Wannie Engelbrecht, een van die organiseerders.

“Jaarlikse vertoning”

“Ons gaan probeer om hierdie ’n jaarlikse vertoning te maak en is klaar geboek vir die 25ste tot die 29ste September 2019. Dit gaan by die Monstermob-gronde (Ou Kimberley-skougronde) gehou word. Ons wil hê almal moet welkom voel om te kom, daarom is daar geen ouderdomsbeperkings nie,” verduidelik hy.

Engelbrecht het ook bevestig dat hulle self die skou finansier. “Met die aanbied van motorsportgeleenthede, soos die jaarlikse Paasfees spinning, wat meer as 10 000 mense landwyd lok, het ons gewoond geraak daaraan om ons geld te sit waar ons monde is, soos die spreekwoord sê.”

Groter as die Gariepfees…

“Ons kan ook nog nie vir seker sê hoeveel rides daar gaan wees nie, maar wat ek wel kan sê, is dat die totale oppervlakte vir net die rides, groter is as dié van die Gariepfees se rides-area.”

“Ons wil ook hê dat almal betrokke word by hierdie ervaring. Maak nie saak of jy ’n groot besigheid of ’n klein winkeltjie het nie. Ons het plek vir enigiemand wat ’n stalletjie wil hê en dit sal ook terselfdertyd baie bekostigbaar wees. Ons wil probeer om alles so bekostigbaar moontlik maak, sodat elkeen die skou kan bywoon.”

Foto voorsien deur Wannie Engelbrecht


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App