[t4b-ticker]

Kimberley model wen Mev. Elite SA Noord-Kaap

Lees ook :

‘n Groot eers het ‘n plaaslike model te beurt geval.
Jolene Dippenaar (38) is as Mev. Elite SA Noord-Kaap 2019 gekroon. Die geleentheid het op 21 Maart in Krugersdorp plaasgevind.

Elite SA is ’n nasionale kompetisie wat deelnemers van nie net Suid-Afrika nie maar ook Namibië trek. As deel van die kompetisie het die Elite-finaliste ’n sewe maande liefdadigheids-projek van hulle keuse gehad wat hulle gedurende die tydperk, tot die kompetisie plaasvind, moes behartig . “Ons moet ook Elite SA se nie-winsgewende organisasie ondersteun,” vertel Jolene. Hierdie organisasie bestaan uit Feed the babies en Feed a child.

Jolene, wat een van 220 modelle was, vertel dat sy glad nie verwag het om te wen nie. “Die ander modelle was top kwaliteit modelle wat almal by modelskole is. Ek het nog nooit enige modelopleiding gekry nie.”

Jolene het ook die volgende afdelings in die kompetisie gewen.

Mev. Elite 2019- Noord-Kaap wenner
Mev. Elite 2019- Publiek se keuse
Mev. Elite 2019- “Queen of Hearts” wenner

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief