Kimberley Regiment Pipes and Drums bestaan al vir baie jare en het Donderdag 4 April bekend gemaak Llewellyn Burger is aangestel as die nuwe hoofmusikant van die blaasorkes.
Llewellyn Burger speel al van 2006 doedelsak. Hy het begin doedelsak speel omdat dit iets anders is en so min mense dit doen. Hy het toe uitgevind van die Kimberley-regiment en dit is daar waar hy leer speel het.
Derrick Beangstrom was vir ±20 jaar die hoofmusikant en is al oor die 30 jaar betrokke by die regiment.
Hoe voel Llewellyn omdat hy nou die nuwe hoofmusikant is?
Hy is baie opgewonde. Hy sien uit daarna om die geskiendenis van die regiment sterk te hou. Hy voel geëerd dat hy deel kan wees van die Kimberley-regiment en dat hy kan deel in die geskiendenis en toekoms van die regiment.
Indien enigiemand deel wil word van die Kimberley-regiment kan hulle vir Llewellyn kontak by 0764554446.


Fotos: Martin Kotze