Kimberley se eerste koffiebrandery

Lees ook :

Andre Smith (36) en Danie Jacobs (28) is nie net goeie vriende nie, hulle is ook mede-eienaars van Bliss-koffiewinkel en -brandery (coffee roastery). Beide van hulle het n groot passie vir koffie.

Bliss is die eerste koffiebrandery in Kimberley. Koffie word elke dag vars gerooster en moet dan ’n week rus om te ontgas. Bliss sit ook datums op hulle koffiepakkies sodat hulle klante presies kan weet hoe vars die koffie is.

Bliss het ontstaan uit ’n passie vir koffie. Andre het koffie in 2015 in ‘n pan begin rooster omdat hy met koffie wou eksperimenteer, waarna hy sy eerste espressomasjien in 2016 gekoop het. Soos enige ander besigheid het hy  eers klein begin.

Andre se vrou Reshelle Smith (26) het aan die naam Bliss gedink omdat dit beteken great joy en perfect happiness. Dit is hoe hulle oor koffie voel en wil hê hulle klante moet koffie beleef.

Sy boodskap aan die gemeenskap is om nie bang te wees om klein te begin nie en deur ‘n passievolle student te wees, kan jy beslis ‘n sukses van enigiets maak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App