Kimberliet help pa sy kanker oorwin

Lees ook :

KIMBERLEY – Desmond van Soelen (51), ’n onderwyser van Laerskool Newton, sê hy het sy stryd met Burkitt-limfoom, ‘n aggressiewe vorm van kanker, oorwin danksy God se genade, asook die ondersteuning van sy familie, vriende en die gemeenskap.

Desmond sê sy familie was erg geskok toe hy in Februarie 2017 met kanker gediagnoseer is. Hulle moes geweldige aanpassings maak. Oor die afgelope twee jaar was hy baie in en uit by die hospitaal vir chemoterapie en ook vir die newe-effekte, verduidelik Desmond.

Aanvanklik het die chemoterapie nie al die gewasse uitgewis nie omrede 50% van Desmond se beenmurg reeds aangetas was. Sy dokter het stamsel-oorplanting aanbeveel. 

Twee van Desmond se broers en sy eie seuns is vir moontlike skenkers getoets. Dokters het op Ferdinand van Soelen (19), sy seun, as ’n skenker besluit.

Na ’n suksesvolle stamsel-oorplanting in April 2018 het ’n PET-skandering in September 2018 en ’n CT-skandering in April 2019 bevestig dat daar geen teken van kanker meer in Desmond se liggaam was nie.

Daar’s altyd hoop om kanker te oorwin

“Op die eerste dag wat my dokter die kanker ontdek het, het hy vir my gesê ‘daar is altyd hoop’. My vrou, Liezel, het ook vir my gesê ‘alles sal okay wees en al is dit nie, gaan alles nog steeds okay wees’. My geloof en die wyse woorde het my regop gehou,” sê Desmond.

Ferdinand sê dit was ’n voorreg om sy pa te kon help. Desmond sê die leerders se omgee en gebede het baie vir hom beteken. Dit is ’n voorreg om weer terug te wees by sy Newton-familie, sê hy.

“Danksy God se genade, Ferdi se stamselle, Liezel, my vrou, Monré, my seun, my familie en vriende, asook die gemeenskap van Kimberley se ondersteuning, kon ek hierdie moeilike uitdaging oorwin.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief