Kinders uitgedaag om “vermis” te word

Lees ook :

“Momo” was fopnuus, maar ouers moet nog bedagsaam bly vir geheimsinnige elemente wat die veiligheid van kinders aanlyn in gedrang plaas.

Owerhede in Amerika het ouers gewaarsku teen ’n nuwe uitdaging, genaamd ‘48-Hour Challenge’ wat kinders uitdaag om vir 48 uur vermis voor te kom. Die NBC, ’n Amerikanse mediamaatskappy, het in ’n verslag gesê die uitdaging word deur ’n hutsmerk op sosialemedia-netwerke versprei.

’n Polisiebeampte van Tippecanoe in Indiana sê: “Vermiste persone is ’n ernstige saak. Vals verslae ontneem regte slagoffers daarvan om hulp te ontvang weens kosbare menslike hulpbronne wat gemors word.”

Die hutsmerk moedig kinders aan om vir twee dae vermis te word en punte word dan toegeken vir elke mening wat gedurende die 48 uur-tydperk uitgelok word.

’n Soortgelyke uitdaging, genaamd ‘Game of 72’ het in 2015 in die Verenigde Koninkryk voorgekom en die polisie in die staat van Michigan in Amerika het die publiek teen ’n soortgelyke uitdaging in 2017 gewaarsku.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App