Die uitspraak in die saak van De Beers se aansoek vir ’n interdik teen meer as 14 myners van Kleinsee om hulle kleinskaalse mynbedryf te staak, sal volgende Vrydag 22 Februarie 2019 gelewer word.
De Beers se aansoek volg nadat myners in Januarie kleinskaalse mynbedrywighede hervat het na ’n besoek deur die adjunkminister van minerale en energie, Godfrey Olifant, verlede jaar, waartydens hy gesê het die myners het sy volle ondersteuning.
Geen skriftelike ooreenkoms
De Beers voer aan hulle het nie enige skriftelike ooreenkoms met die myners aangegaan nie en hulle ondersteun ook nie onwettige mynbedrywighede nie.
Nodige permitte aansoek doen
Volgens die myners het hulle toestemming van Olifant ontvang om met mynbedrywighede voort te gaan en is tans besig om vir die nodige permitte aansoek te doen.
Meer volg. FiND iT hou jou op hoogte.