Laerskool Staats hou vanaf 7 tot 9 Maart hulle 10de sportfees op hulle sportgrond.
Dit beloof om drie dae van pret, plesier en lekker sportmanskap te wees.
Die sportfees sal Donderdag, 7 Maart om 15:00 afskop met die 0/7 en 0/8 Rugby & Netbal. Vrydag, 8 Maart en Saterdag, 9 Maart sal die 0/9 – 0/13 Rugby en Netbal teen mekaar meeding.
Die deelnemende skole:
- Laerskool Staats
- Laerskool Eureka
- Laerskool Newton
- Laerskool Seodin
- Laerskool Jacobsdal
- Laerskool Lichtenburg
- Kathu Laerskool
- Laerskool Oranje Noord
- Hopetown
- Futurum Akademie
- Laerskool President Brand
- Laerskool Postmasburg
- Op die Voorpos