Laerskool Eureka se OVV hou op 11 April 2019 ‘n manne-aand en veiling ten bate van die skool.
Die geleentheid, wat beloof om ‘n aand van goeie kos, kuier en net mannepraatjies te wees, sluit ‘n heerlike steak-ete in. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
Brent Jansen van Rensburg, die huidige Griekwa-afrigter, sal die geleentheid kry om homself aan die Kimberliete voor te stel en ook sy doelwitte met die Griekwa –span wat ook daar sal wees, te deel.
Tafels van 10 is beskikbaar teen R2 000.
Vir meer inligting kontak:
Willie:084 588 2016
Willem: 082 490 9680 iF483uniF484u





