Kop-aan-kop botsing ontstel Kimberley

Lees ook :

Die inwoners van Kimbelerley is ontstoke na ‘n groot ongeluk omstreeks 22:30 Saterdag 23 Februarie tussen twee motors.

Die ongeluk het langs die Engen-garage in Schmidsdriftstraat plaasgevind, nadat twee GTI motors kop-aan-kop gebots het.

Die twee bestuurders is albei met beserings na die hospitaal gebring waarvan die blou GTI se bestuurder deur die brandweerdienste uitgesny moes word. Die bestuurder van die wit motor is deur ER24 na die hospitaal gebring.

Ooggetuie vertel

Volgens ‘n petroljoggie, wat die ongeluk sien gebeur het, was die wit GTI op pad in die rigting van die CBD-area en die blou GTI was op pad terug van die CBD-area. “Die blou kar het baie vinnig gery. Hulle het hier voor die garage gebots.”  

Volgens hom het die Wit GTI menige kere in die rondte gedraai voor dit in die middel van die pad gaan stilstaan het. “Alles van die kar het uitgeval.” Die wit GTI se enjin is ongeveer 30m van die motor gekry.

Kimberliete sê hulle sê

Kimberliete het die slag, wat soos ‘n geweerskoot geklink het, gehoor en met die aankoms van FiND iT op die toneel was daar ‘n gedruis van mense. Nadat FiND It van die ongeluk op Facebook berig het, het Kimberliete hewig reageer:

“Ek’t dit gehoor hier in my kamer. My mure het eintlik geskud. Ek wens net Kimberley kan ’n verkeerslig kry. Dis mos Formule 1 elke aand,” sê Natasha Ferreira.

“Schmidsdriftweg was altyd ‘n renbaan. Ongeveer 33 jaar al. Robot of spoedwalle is nodig,” sê Nella Knipe.

“Ek het dit ook gehoor van my huis af! Iets moet gedoen word. Daar vind so baie ongelukke op daai pad plaas. Daai pad is gevaarlik! Ek word gedurig wakker met die gejaag van karre in daai straat,” sê Tamsin Deanna Vermaak.

Schmidsdriftsraat en Phakamile Mabija is Saterdagaande renbane. Ek is al menige kere amper gestamp omdat hulle spin en “drag” soos hulle wil. As jy dit net waag toet of skree op hulle word jy so gevloek dat die see jou nie kan skoon was nie. Die verkeersbeamptes is elke Saterdagaand in Phakamile Mabijastraat, maar hulle sit en eet hulle trommeldik en drink liters Coke in hulle groot wit karre. Persoonlik dink ek dat sekere (nie almal) verkeersbeamptes bang is vir die manne in hulle gti en motors wat “gedrop” is,” sê Marisa Deyzel-Jacobs.

“Ek het al die Blou kar deur die strate sien jaag,” sê Adam Yates.

“’n Saak van roekelose en nalatige bestuur is geopen ná ‘n ongeluk wat Saterdag in Schmidtsdrift plaasgevind het,”  sê kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief