Kragonderbreking in South Ridge nie weens beurtkrag nie – sien ons beurtkragskedule

Lees ook :

Die onderbreking in kragtoevoer wat inwoners van South Ridge op 5 Maart 2019 ondervind het, was nie weens beurtkrag nie, sê Sol Plaatje-munisipaliteit.

Thoko Riet, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Geen beurtkrag is gister geïmplementeer nie. ’n 11 KV-transformator het weens ’n geïsoleerde aardlekkasieprobleem afgeskakel . Geen probleme is by die substasie gevind nie.”

Die nasionale kragvoorsiener, Eskom, het die moontlikheid van beurtkrag aangekondig, maar tot dusver is daar geen beurtkrag geïmplementeer nie en daar is ook nog geen veranderinge aan die status van beurtkrag in Suid-Afrika aangebring nie.

FiND iT-lesers kan ons blad besoek by http://find-it.co.za/beurtkrag om die nuutste beurtkragskedule te sien en u kan ook die skakel gebruik wat op die daardie blad verskyn om die status van beurtkrag in Suid-Afrika te sien.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief