KYK: Goedvoel Moedersdagstorie – emosionele hereniging ná hulp

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video JP Smith

WES-KAAP. – Verkeersbeampte Blaauw het ‘n emosionele herontmoeting gehad met ‘n jong egpaar wat sy drie jaar gelede tydens ‘n angswekkende oomblik bygestaan het.

Volgens JP Smith, DA-politikus en Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, was die vrou slegs 23 weke swanger toe ernstige komplikasies vroeg een oggend ingetree het. Met elke minuut wat kosbaar, is het hulle die N2 gehaal, net om voor ‘n muur van stilstaande verkeer te staan te kom.

Die egpaar het op daardie kritieke oomblik op verkeersbeampte Blaauw afgekom, wat besig was met haar oggendrondtes. Die pa het die noodsituasie vinnig verduidelik en sy het onmiddellik opgetree. Met ligte en sirenes het sy ‘n weg oopgemaak tot reg voor die noodafdeling se deure. Blaauw het nooit geweet hoe die verhaal geēindig het nie. Scarlet is daardie dag gebore – sy was 23 weke en het slegs 710 gram geweeg. Ná ‘n lang tyd in die intensiewesorgeenheid is sy vandag ‘n gesonde, lewenslustige driejarige.

Haar dankbare ouers het Smith se kantoor genader om die beampte te vind om haar persoonlik te bedank. Blaauw is onder die dekmantel van ‘n “vergadering” na sy kantoor gelok, Die trane het gevloei die oomblik toe sy besef het wie die ander mense in die kantoor was. “Maar ek het net my werk gedoen,” het is al wat sy gesê het.

Smith het die hartroerende hereniging gebruik om ‘n boodskap aan alle verkeersbeamptes tuis te bring – elke daad in die uitvoering van jou pligte tel. Dit is nooit bloot ‘n werk nie, dit is ‘n roeping wat lewens verander. “Aan beampte Blaauw, en aan Merle — gelukkige Moedersdag,” sê Smith.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief