Kyk: Veertien dood toe advertensiebord omval

Lees ook :

Kyk: Veertien dood toe advertensiebord val. Foto: Tibune Online

MUMBAI, INDIË. – Veertien mense is dood en meer as 70 beseer toe ’n advertensiebord Maandag na hewige reën, stof en wind in Mumbai, Indië, omgeval het.

’n Petrolstasie en huise het in die proses skade opgedoen. Verskeie mense en voertuie is steeds onder die advertensiebord vasgekeer.  

Beeldmateriaal wat versprei word, wys hoe die advertensiebord van 70 m by 50 m heen en weer waai voordat dit grond toe tuimel.

Volgens berigte het die maatskappy wat die advertensiebord opgerig het, die reëls aangaande die grootte oortree. Die bord is groter as die toegelate grootte.

Die intense storms word toegeskryf aan die moeson-weerstoestande wat Indië elke jaar tussen Junie en September beleef.

Die volgende video’s is op X gedeel:

Bronne: CNN, BBC, CBS News, X