KYK VIDEO: Waterkrisis opgemaak

Lees ook :

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, het tydens die bekendstelling van die sewe nuwe wyksraadslidkandidate gesê dat daar nie werklik ’n waterkrisis bestaan nie.

“Elke keer voor ’n verkiesing duik daar ’n waterkrisis op. Kom ek vertel julle hoekom is daar ’n waterkrisis. Die ANC het geld nodig en gebruik Sol Plaatje-munisipaliteit. Die ANC wil die verkrygingsprosedures omseil. Dit is waarom hulle die krisis opgemaak het. Daar is geen waterkrisis nie,” verduidelik Louw.

Louw sê: “Ons gaan môre self daarna toe gaan en ondersoek instel. Ons gaan die water toets om te sien of wat hulle gesê het oor die waterkrisis waar is.”

Christiaan Cloete, ’n joernalis van Noord-Kaap-koerant het Louw gevra hoe hy weet dat die waterkrisis opgemaak is. Louw het geantwoord: “Ek het ’n patroon gesien. In 2014 en 2016 was daar ’n waterkrisis. Kamvers-dam was opgeknap teen ’n koste wat in die miljoene beloop het. Hoekom sit ons vandag nog met hierdie krisis, toevallig weer voor ’n verkiesing?”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief