Lady Gaga dra Kimberley-diamant by Oscars

Lees ook :

Photo credit: Getty Images

Lady Gaga het met ’n stylvolle swart rok by vanjaar se Oscars opgedaag. Dit is egter nie die rok wat die aandag getrek het nie, maar die geel Tiffany diamant wat om haar hals geskitter het.

Luidens ’n berig op Page Six Style weeg dié juweel 128.54 karaat. Die diamant is glo in 1877 in die Kimberley se myne ontgin. Nie net is hierdie blink klippie meer as 30 miljoen dollar werd nie, dit is ook die grootste geel diamant in die wêreld.

Die diamant is voorheen deur Audrey Hepburn tydens ’n fotosessie vir die film, Breakfast at Tiffany’s, gedra. Dit was in 1961.  

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App