Laerskool Eureka se gr.1, 2 en 3’s sal op 25 en 26 Februarie geen skool hê nie weens opleiding wat die onderwyseresse gaan bywoon.
Luidens ’n omsendbrief wat Laerskool Eureka uitgestuur het, sal die onderwysers op hierdie dae departementele opleiding in Engels eerste addisionele taal ontvang. Die opleiding is verpligtend. Volgens die brief het die direkteur van onderwys die sluiting goedgekeur omdat geen onderwysers beskikbaar sal wees op daardie twee dae nie.