Landboudal presteer by Sentrale Top 20

Lees ook :

Die leerders van Hoërskool Landboudal het die afgelope naweek aan die Sentrale Top 20 deelgeneem.

Paul van Zyl

Landboudal se leerlinge het omtrent uitgestaan, met Paul van Zyl wat die o/15 spiesgooi met ‘n afstand van 45.8 m gewen het. Hiervoor het hy goud behaal. Hy het ook ‘n silwer medalje losgehardloop in  die 400m met ‘n tyd van 55,84 sekondes.

Marione Mathewson

Marione Mathewson het ‘n brons medalje vir die o.15 100m-wedloop behaal. Sy het ‘n tyd van 12.9 sekondes gehardloop.

Rozelle Homsek

Rozelle het uitgeblink in gewigstoot. Sy het met ‘n afstand van 9.95m die o.19-afdeling gewen.

Stefan Hendriks

Stefan Hendriks het ‘n silwer medalje in  hoogspring behaal met ‘n persoonlike beste van 1,80m.

Baie geluk aan al die deelnemers.

Die volgende leerders het baie goed gevaar. Hier is hulle prestasies.

Paul van Zyl het die o/15 spiesgooi met ‘n afstand van 45,58m gewen en goud behaal. Hy het ook ‘n silwer medalje los gehardloop in  die 400m met ‘n tyd van 55,84 sekondes.

Marione’ Mathewson het ‘n brons medalje in die O/15 dogter 100m wedloop behaal met ‘n tyd van 12,90.

Rozelle Homsek  het ‘n afstand van 9.95m gestoot in die dogters O/19 gewigstoot.

Stefan Hendriks het ‘n silwer medalje in  hoogspring behaal met ‘n persoonlike beste van 1,80m.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief