Lokomotief brand uit by Spoornet-werf in Elektra Park

’n Lokomotief by die spoorwegwerf langsaan Rail 2 Rail in Elektra Park naby Fabricia het aan die brand geslaan en uitgebrand. Een van die inwoners wat baie naby aan die spoorlyn bly, het aan FiND iT gesê: “My hond het my voor 08:00 vanoggend wakker geblaf. Toe ek gaan...

’n Lokomotief by die spoorwegwerf langsaan Rail 2 Rail in Elektra Park naby Fabricia het aan die brand geslaan en uitgebrand.

Een van die inwoners wat baie naby aan die spoorlyn bly, het aan FiND iT gesê: “My hond het my voor 08:00 vanoggend wakker geblaf. Toe ek gaan ondersoek instel, het ek gesien die lokomotief is aan die brand. My katte was ook verskrik, hulle wou nie uit my kamer gaan nie.”

Riaan Janse van Vuuren, woordvoerder van die brandweer in Kimberley, sê: “Die lokomotief is deur Spoornet verkoop. Werkers van PA Walter and Son was besig om die lokomotief met ’n gasvlam op te sny vir skrootmetaal toe die brand uitgebreek het.”

Toe FiND iT die toneel verlaat, was die brandweer nog besig om die vuur te blus.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol