Louis Meades se saak vertraag weens dossier

Lees ook :

Louis Meades (46), wat vir poging tot moord, ontvoering en die oortreding van ’n gesinsgeweldbevel teregstaan, het Vrydagoggend weer in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Weens die dossier wat nie beskikbaar was nie, is die saak uitgestel tot 24 April.

Meades is op 23 Januarie in hegtenis geneem nadat hy sy vriendin, Sue-Marie Kramer, na bewering aangerand, probeer ontvoer en probeer omry het.

Hy was in aanhouding tot 18 Februarie waarna hy deur landdros Makoto op borgtog van R3000 met die volgende voorwaardes vrygelaat is:
– hy moet op 14 Maart weer in die hof verskyn;
– hy mag geen kommunikasie hê met die slagoffer of die getuies nie en mag geen uitlatings op enige sosiale media maak nie;
– en hy mag ook nie die slagoffer by haar werk gaan teister nie.

Meades  se saak word oorgeplaas na die streekshof vir sy volgende verskyning.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief