Is jy opsoek na ‘n maklike vinnige brownie-resep?
Hierdie resep bevat slegs 10 maklike stappe.
Bestanddele
-1 groot sjokolade
-vyf eiers
-drie koppies suiker
-een teelepel vanielje-essens
-een en ‘n halwe koppie meel
-een teelepel sout
-twee koppies gekapte neute

Sit die oond op 180 grade en smeer die bak/pan goed met botter.
Smelt die hele blok sjokolade oor ‘n bak met warm water. Voeg 1 koppie botter by. Haal af indien alles gesmelt het.

Rooster die neute tot mediumbruin in die oond of op ‘n pan op die stoof.

Meng die vyf eiers, drie koppies suiker en een teelepel vanielje-essens in ‘n mengbak. Meng goed vir 10 minute.

Meng die meel en sout in ‘n aparte bak saam.

Voeg alles saam in die mengbak en klits goed.

Voeg nou die neute in die mengbak by en roer deeglik met ‘n houtlepel.

Skep die mengel in die voorbereide bak en maak dit gelyk. Bak vir 30-40 minute in die oond.

Sny in blokkies en geniet dit!