’n Galeshewe-man is vanoggend omstreeks 07:40 in hegtenis geneem nadat hy in besit van 50 Mandrax-tablette betrap is.
Straatwaarde van R3 000
Volgens die persverklaring het die Noord-Kaapse Provinsiale Trio Taakspan die 36-jarige man in hegtenis geneem nadat hulle ’n wenk ontvang het. “Vyftig Mandrax-tablette het die beraamde straatwaarde van R3 000.”
Die verdagte, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, sal binnekort in die landdroshof in Galeshewe verskyn op aanklag van die besit van dwelms.
Stryd teen kriminele aktiwiteite
“Die Noord-Kaapse polisiekantoor het die gemeenskap van Galeshewe geprys omdat hulle in vennootskap met die polisie werk in die stryd teen kriminele aktiwiteite,” sê kapt. Olebogeng Tawana.