Man in hegtenis geneem vir die besit van onwettige vuurwapen

Lees ook :

Die polisie se koorlede het die naweek bewys hulle is nie net talentvol nie, maar ook ernstig oor misdaadvoorkoming.

Tydens parade misdaadvoorkoming

Kaptein Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die Noord-Kaapse provinsiale koor het Saterdag n parade saam met die provinsiale voorsitter en die polisie se taktiese reaksie-eenheid gehad. Tydens dié parade is polisielede gevra om misdaadvoorkoming te doen.

Gewaar verdagte man

“Die lede was besig om die taxi-staanplek in die dorp te deursoek, toe hulle n verdagte man gesien het. Sersant SK Mtombo het die man ondervra. Hy het die man deursoek en het op ’n vuurwapen afgekom.”

Jansen sê die man is net daar en dan in hegtenis geneem. Hy het wel ontken die sak waarin die vuurwapen gekry is, is syne.

Geen vuurwapenlisensie

“Die man is by die polisiekantoor toegelaat om n oproep te maak. Die man het later die vuurwapen kom opeis, maar kon nie sy vuurwapenlisensie wys nie. Hy het aangevoer hy het die vuurwapen in Griekwastad gekry.”

Jansen sê die voorlopige ondersoek toon die vuurwapen is gesteel. “Die man is toe vir die besit van vermeede gesteelde goedere in hegtenis geneem. Die ondersoek gaan voort.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App