Man lewenslank tronk toe – a.o. Caren Nel geloof

Lees ook :

Ao. Caren Nel, ondersoekbeampte
Ao. Caren Nel, ondersoekbeampte

’n Man wat sy niggie (6) verkrag het, is lewenslank tronk toe gestuur.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die man (33) het die meisie in 2015 verkrag. Sy was toe ses.

“Die meisie het by die huis gekom na skool. Sy was besig om aan te trek, toe die man in haar kamer ingekom het, haar op die bed gegooi het en homself op haar forseer het.”

‘n Familielid het by die kamer ingekom en die man op heterdaad betrap. Die familielid het dadelik die ma van die dogtertjie in kennis gestel. Die voorval het in Nanana, Batlharos, naby Kuruman, gebeur.

“Die polisie wil die ondersoekbeampte, a.o. Caren Nel, van die John Taolo Gaetsewe se afdeling vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, loof vir die goeie werk wat gelei het tot die oplê van so ‘n swaar vonnis.

“Die polisie is vasbeslote die tronkstraf wat vir die oom van die dogtertjie opgelê is, stuur ’n baie duidelike boodskap dat sulke barbaarse gedrag nie toegelaat sal word in ons gemeenskap nie.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief