Man met 140 kg koper in hegtenis geneem

Lees ook :

BARKLY-WES. – ’n Man (34) is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat 140 kg koper, vermoedelik gesteel, in sy besit gevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n voertuigkontrolepunt (vehicle check point) hier gehou. “Die polisie het omstreeks 10:00 ’n wit Isuzu-bakkie deursoek wat van Kuruman na Kimberley onderweg was en het 140 kg koper in die bakkie gevind.”

Hy sê die 34-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

“Die geskatte straatwaarde vir hierdie koper is sowat R7 500. Die polisie het ook die bakkie gekonfiskeer omdat dit glo in die pleeg van die misdaad gebruik is.”

Die verdagte sal binnekort in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief