Man trek deur lug maar oorleef – wie is hy?

Lees ook :

Op 22 Maart 2019 het Lyndon de Meillon en sy vrou, Elri, saam met hul kinders vertrek uit die Kaap op pad na Pearly Beach toe. Hulle was pas deur Lowry’s pas, net voor Grabouw, toe Lyndon geloer het om te sien of hy ‘n trok kan verbysteek.

Jaag verby

Hy het opgelet dat daar ‘n voertuig, sowel as mense, in die pad was, so hy het terug agter die trok inbeweeg. Kort daarna het hy opgelet dat ‘n groen Avanza hom van agter af teen ‘n spoed inhaal. Hy het aangeneem dat die kar sal spoed verminder en agter hom in sou val, maar het begin toeter druk as waarskuwing toe hy besef die kar gaan verbyjaag.

Motor tref man

Twee munisipale padwerkers, ‘n man en ‘n vrou, was besig om die pad oor te steek in die regterbaan toe die groen Avanza die man tref. Die ongeluk het so vinnig gebeur dat hulle tot op hede onseker is of die vrou ook getref was. Die man se graaf het uit sy hand uit gevlieg en êrens in die pad beland. Hy het reg in die middel van die bane, langs Lyndon se kar, geland. Met geluk het niemand oor die man gery nie. Die Avanza se voorkant en voorruit is heel beskadig. Dit was nie moontlik vir Lyndon en sy familie om te stop nie, maar die hele voorval is op hulle voertuig se kamera op die paneelbord afgeneem.

Oral waarskuwings

Volgens Lyndon was daar geen manier wat die drywer van die Avanza nie die mense in die pad kon sien nie. Daar was orals waarskuwingstekens en voertuie vir padwerke.

Na hulle aankoms in Pearly Beach het hulle oral gebel om uit te vind wat met die man gebeur het. Grabouw-polisiestasie wou nie vir hulle enige inligting verskaf nie en het inteendeel gesê dat daar nêrens so ‘n ongeluk aangemeld was op daardie datum nie.

Het hy oorleef?

Nadat hulle met ‘n privaat-joernalis gesels het, het hulle informasie gekry dat daar op daardie datum ‘n voetganger gestamp was, maar niks van ‘n munisipale werker nie. Hulle kon ook inligting kry dat die man die ongeluk oorleef het en uit die hospitaal ontslaan is.

’n Speurder van Grabouw moes hulle oor die voorval kontak, maar tot op datum het niemand hulle nog gekontak nie. Hulle het geen idee wie die man is of watter beserings hy opgedoen het nie.

FiND iT is op soek na die man in die video. Indien enigiemand inligting het, kan julle FiND iT e-pos by tania@find-it.co.za.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief