LONDEN. – Polisiebeamptes werk kliphard om die identiteit van ‘n man, wat vermoedelik van die landingswielmeganisme van ‘n vliegtuig geval het, te bepaal.
Luidens die persverklaring is die polisie en ambulansdiens op 30 Junie om 15:00 na ‘n woonadres in Offerton Road, Clapham, ontbied nadat ‘n lyk in ‘n huiseienaar se tuin ontdek is.
Die liggaam van ‘n man, wie se ouderdom onbekend is, is gevind.
In dié stadium glo die polisie die man was ‘n verstekeling op ‘n inkomende Kenya Airways-vlug na Heathrow-lughawe en het uitgeval toe die vliegtuig wou land.
‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.
Die vliegtuig is deursoek nadat dit op die lughawe geland het, waartydens ‘n sak, water en kos in die onderstel gevind is.