Man vermoor broer

Lees ook :

Tshepiso Manchonyane (27) is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy broer in Maruping Village in Kuruman op 4 Junie 2017.

Luidens die polisieverklaring het Tshepiso en sy broer, Boitshepo Manchonyane (30), in die vroeë oggendure van 4 Junie 2017 ’n uitval by hulle huis gehad. Tshepiso het sy broer met bakstene begin aanval.

“Die slagoffer is in die Batlharos-hospitaal opgeneem en is op 5 Junie 2017 dood verklaar,” sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder. “Tshepiso is die dag daarna in hegtenis geneem.” Op 12 Februarie is hy skuldig bevind aan die moord op sy broer.   

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief