Man vlieg van fiets af na ongeluk met motor

Lees ook :

’n Man is omstreeks 07:44 op 11 April beseer nadat ’n fiets en ’n motor in ’n ongeluk betrokke was.

“Die motor het verby die man op die fiets gery. Die volgende oomblik toe vlieg die man van sy fiets af en val op die grond,” verduidelik ’n verbyganger wat dit aanskou het.

MED24/7 en die polisie was op die toneel. MED24/7 sê die pasiënt het beserings aan sy heup opgedoen. Die beseerde is na Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal gebring.

FiND iT het die Kimberley-polisie vir verdere inligting gekontak, maar het nie terugvoering teen die tyd van publikasie ontvang nie.

Indien jy ‘n nooddienste benodig klik hier vir Med24/7 se besonderhede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief