Mercedes Kimberley oorhandig sleutels van splinternuwe bakkie aan Mattanu Private Game Reserve

Lees ook :

Mercedes Kimberley (New Vaal Mototrs) het vanoggend omstreeks 10:00 die sleutels van ‘n splinernuwe Mercedes-bakkie aan Jacques en Johan Kriek van Mattanu Private Game Reserve en Kriek Wildlife Group oorhandig.

New Vaal motors borg die voertuig vir Mattanu as vervoer vir hulle gaste.

Mattanu en Mercedes is baie opgewonde oor die borgskap en die samewerking. Hulle ablei sien uit na ‘n langtermyn verhouding. Hulle waardes stem ooreen, beide konsentreer op topkwaliteit en gehaltediens. “In die Noord-Kaap, vir die Noord-Kaap.” Om plaaslik te bemark en uit te brei.

Mattanu Private Game Reserve/ Kriek Wildlife Group hou Saterdag 13 April om 11:00 ‘n wildveiling. Mercedes (New Vaal Motors) maak ook van die geleentheid gebruik om van hulle bakkies, SUV’s en trokke uit te stal.

Die tydsberekening vir die nuwe bakkie in die wildbedryf is baie goed.

Mattanu se wildveiling is oop vir die publiek. Daar sal diere opgeveil word sowel as Mercedes-voertuie uitgestal word. Daar sal ook quad bike-ritte, kosstalletjies, ‘n biertent en kindervermaak wees.