Linathi Makawu (17) is ‘n plaaslike model wat die titels een vir een inryg!
Hy is onlangs as die wenner van Mnr Junior Tiener Suid- Afrika 2019 aangewys. Die geleentheid het vanaf 19 tot 23 Maart in Pretoria plaasgevind.
Linathi se eerste plek het hom die geleentheid gegee om te kwalifiseer vir die Sewe kontinente skoonheidswedstryde 2019, wat in Turkye gaan plaasvind.
Linathi ‘n graad-11-leerder van Kimberley Boys High het op die ouderdom van 16 met modelwerk begin.
“Die passie wat hy het vir modelwerk het al op ‘n jong ouderdom begin,” vertel sy ma, Regina Makawu.
Volgens haar het hy al van die ouderdom van vier jaar die talent van ‘n gebore model! Sy vertel dat Linathi altyd haar skoene aangetrek het en dan die hele huis vol geloop het soos ‘n model. “Mense vra ons gedurig as ons in die dorp is of hy ‘n model is. Die dokter het ook nou die dag gesê dat hy die lyf van ‘n model het.” Waarop Linathi geantwoord het dat hy baie graag eendag ‘n model wil wees.
Buiten sy modelwerk wil Linathi wil hy ook graag ‘n graad behaal in siviele ingenieurswese of ‘n besigheidsrigting.
Droom
Linathi se groot droom is dat hy eendag ‘n internasionale model wil wees. “ek wil ‘n mode model wees, en ook eendag op daai loopplanke in New York of Millan loop,” vertel hy.
Hy vertel dat hy aan die wêreld daar buite wil wys dat klein dorpies ook sterre kan oplewer. “Ek gaan Kimberley op die map sit.” lag hy
Ondersteuning
Linathi vertel dat sy vriende en familie hom baie ondersteun .“Hulle vra my altyd hoe kry ek dit reg en dat hulle nie geweet het ‘n man kan ookskoonheidskompitisies doen nie. hulle het gedink dis net vir meisies,” lag hy
“Ons is baie trots op hom,” sê sy ma
Linathi se prestasies wat hy deur sy modelwerk behaal het:
- mr persoonlikheid2019
- mr fotogenies 2019
- beste onderhoud 2019
- beste model op die loopplank

