Moontlik nuwe feite in Windsorton-moord

Lees ook :

Michael Pietersen, die 35-jarige man van Windsorton, wat beskuldig word van die moord op sy 19-jarige meisie, Martha Mokgele, en hulle tien maande oue babaseuntjie, Neo Mokgele, het vandag weer in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn. Na bewering het hy hulle liggame verbrand.

Volgens Mokgele se ouer suster wou sy die verhouding verbreek, omdat dit ’n baie vernielende (abusive) verhouding was. Sy het na die verdagte se huis gegaan en nie weer teruggekom nie. Hulle verbrande liggame is Sondag 12 Mei 2019 in ’n nabygeleë veld deur ’n verbyganger gekry. Na bewering is Mokgele se liggaam te verbrand om geïdentifiseer te word, maar Neo is net op sy voorkop, hande en arms gebrand.

Mnr. Dada, die aanklaer, het vandag bevestig die borgtogaansoek is weer eens uitgestel tot 5 Augustus 2019, sodat ’n nuwe borgtogaansoek ingebring kan word en verdere ondersoek gedoen kan word. Daar is na bewering moontlik nuwe feite wat die aansoek kan affekteer.

Pietersen staan tereg op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van lykskending.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief