Moontlikheid vir beurtkrag aangekondig

Lees ook :

Eskom het die moontlikheid vir beurtkrag vir Maandag 11 Maart 2019 aangekondig.

Die kragvoorsiener het in ’n persverklaring gesê beurtkrag sal net in werking gestel word indien dit absoluut nodig is. Die aankondiging volg nadat die kragvoorsiener kapasiteit om krag te voorsien verloor het weens die verlies van kragopwekkers by verskeie kragstasies.

“Ons moedig huishoudings en besighede voortdurend aan om elektrisiteit spaarsamig gedurende hierdie periode te gebruik. Skakel geysers, ligte en enige ander elektriese ware af wat nie noodsaaklik is nie,” verduidelik Eskom.

Sien die status van beurtkrag in Suid-Afrika en die nuutste beurtkragskedule vir Kimberley op find-it.co.za/beurtkrag.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App