Saterdag 13 April word daar ‘n skoonheidskompetisie, Mr/Miss Demin and Diamonds, gehou ten bate van Gigantomastia SA. Die kompetisie word georganiseer deur Elmarie Botha in samewerking met eModels.
Alle fondse gaan aan Gigantomastia SA, wat sal bydra tot die operasie van Camilla Neethling. Camilla is gediagnoseer met gigantomastia en moet noodgedwonge ‘n operasie ondergaan. Sy doen ook haar bes om ander pasiënte, wat met dieselfde siekte worstel, te help.
Inskrywingsfooie is R50 per persoon, sowel as die koop van een babaproduk, wat geskenk sal word aan Bophelo baba- en kindersentrum. Toeskoueringang is gratis. Daar sal ook by die geleentheid geld vir Gigantomastia SA ingesamel word.
Die kompetisie vind plaas by Elkon-skool, wat ook die saal en klank borg.
Kategorieë:
Meisies: 2-4 jaar, 5-8 jaar, 9-12 jaar, 13-15 jaar, 16-24 jaar en 25+ jaar.
Seuns: 2- jaar, 9-15 jaar en 16+ jaar.
Om meer te leer oor gigantomastia kan jy gerus gaan kyk na hul Facebook-bladsy https://www.facebook.com/Gigantomastia-SA-652055775152086