Munisipale bestuurder stem in tot vergadering met AfriForum se Kimberley-tak

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kimberley-tak het ’n skrywe aan Ruth Sebolecwe, die waarnemende munisipale bestuurder van die plaaslike Sol Plaatje-munisipaliteit, gerig vir ’n vergadering op 28 Januarie 2019 om 14:00 by die munisipaliteit se kantore. Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, sê: “Sebolecwe het op 15 Januarie...

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kimberley-tak het ’n skrywe aan Ruth Sebolecwe, die waarnemende munisipale bestuurder van die plaaslike Sol Plaatje-munisipaliteit, gerig vir ’n vergadering op 28 Januarie 2019 om 14:00 by die munisipaliteit se kantore.

Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, sê: “Sebolecwe het op 15 Januarie 2019 bevestig dat sy en ander werknemers van dié munisipaliteit daarna uitsien om met AfriForum te vergader. Die doel van dié vergadering is om probleme wat die gemeenskap ervaar te bespreek en ook om projekte wat die tak beplan onder die munisipaliteit se aandag te bring en saam te kyk na maniere hoe die munisipaliteit en AfriForum kan saamwerk.”

“As die gemeenskap klagtes het wat hulle graag onder ons aandag wil bring om op die vergadering te bespreek, kan hulle my gerus kontak. Saam kan ons die gemeenskap verbeter en weer hoop skep,” verduidelik Smit.

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek

Steve se Janine deel haar diagnose

Ontvoerde slagoffers gered, drie verdagtes op verskeie aanklagte vasgetrek

Hulp gevra oor seun wat in vreemde huis wakker word

Vrou glo met meer as R3 m. dwelms betrap, in hegtenis

Vermiste ouma in vlak tuingraf gevind, kleinseuns in arres

Onbekende man en vrou sterf in motorfietsongeluk – naasbestaandes gesoek