*PERSVERKLARING
Dr. Isak Fritz, LPW het gesê: “Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap het vandag ons Premier-veldtog-bustoer bekend gestel. Ons sal met die veldtogbus deur die provinsie ry en kiesers inspireer om hul kieskrag in te span deur te registreer om te stem.”
“In 2024 sal kiesers die geleentheid kry om die ANC-regering, wat na dertig jaar in demokrasie steeds apartheid vir sy eie mislukkings blameer, te verwyder. Dit is tyd om vorentoe te beweeg, hande te vat en Suid-Afrika te red.”
“Vandag pak ons die eerste been van die Premier-veldtog aan en reis na Upington, Kakamas, Springbok, Port Nolloth en Kamieskroon. Dit bied ons ‘n geleentheid om in gesprek te tree met kiesers wat die mag het om ‘n beter toekoms in 2024 te kies.”
“Dit is die boodskap wat ons aan mense regoor die provinsie gaan uitdra, van Roodepan tot Rietfontein en Platfontein tot Port Nolloth. Ons sal met elke gemeenskap vergader om hul stories, omstandighede, uitdagings en oplossings vir die haglike toestand van die Noord-Kaap provinsie te hoor.”
“Die DA bly gefokus op ons missie om Suid-Afrika te red. Ons doen ‘n beroep op alle inwoners van die Noord-Kaap om hul mag terug te neem deur hulp te kry by die DA om te registreer om te stem op https://check.da.org.za“
*PERSVERKLARING