Nagtelike wateronderbrekings duur voort

Lees ook :

KIMBERLEY – Nagtelike wateronderbrekings sal voortduur weens waterreserwes wat steeds beperk is by die Newton-reservoirstasie.

Sol Plaatje-munisipaliteit het die volgende op hulle Facebook-bladsy geplaas: “Die waterbehandelingsaanleg werk doeltreffend en daar word met volle kapasiteit gepomp. Ons ervaar egter steeds ’n hoë waterverbruik en ons waterreserwes by die Newton-reservoirstasie word steeds beperk. Soos voorheen gekommunikeer, sal ons voortgaan om nagtelike wateronderbrekings uit te voer. Dit word gedoen om voldoende reserwes te verseker met die doel om deurlopend water gedurende die dag te voorsien.”

Inwoners word aangemoedig om voorsiening te maak vir water deur die nag.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App