Nasionale troeteldierdag

Lees ook :

Dis altyd lekker om na ‘n lang dag by die huis te kom en in jou diere se liefdevolle ogies te kyk, maar hierdie dag is ingestel vir die bewusmaking vir troeteldiere wat nie so bevoorreg is om ‘n liefdevolle huis te hê nie en wat nie soveel aandag kry nie.

Indien jy op soek is na jou forever friend, gaan loer gerus by jou naaste SPCA in.

FiND iT het met ‘n paar troeteldiereienaars gesels. Hier is ‘n paar foto’s van die vierbeen kinders:

Jax
Danyell Viljoen – “Hy is proudly adopted nadat sy oorspronklike eienaar Dubai toe verhuis het. Hy het in Desember drie geword en is sy ma en pa se puppy.”
Remus
Mariaan Roets – “Hy is my rescue Husky. Hy is nou al drie jaar by ons en is voorheen baie mishandel deur sy vorige eienaar. Hy het probleme met sy tande en rug.”
Dexter, ’n ses jaar oue Schnauzer
Jane Durant – “Hy het heeltyd van sy oorspronlike huis na my huis toe geloop, al het ons na ’n paar maande getrek ook. Sy eienaar het besluit dis die beste as Dexter eerder deel van ons gesin word.”
Tinkie
Marisa Deyzel-Jacobs – “Sy het self by ons ingetrek, so ek het geen idee hoe oud sy is of waar sy vandaan kom nie.”
Ranger
Sharolene van Bosch – “Hy is my groot baba. Ons het hom gekry by ’n vriend wat in ’n woonstel gewoon het en hom nie meer kon aanhou nie. Hy is baie stout, maar ek is so lief vir hom.”
Quinn
Desire McMaster – “Sy is vol stoute streke, lief vir gesels en hakke byt.”
Mollie
Danielle Crafford – “Ek het haar gekry toe sy net vier weke oud was by mense wat haar op OLX wou verkoop vir R100. Na lang aande se wakker bly en gesukkel om vleis op haar bene te sit, is sy nou al ’n jaar oud. Sy het die grootste persoonlikheid.”


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App