Anneke Kruger, Anneke Rossouw en Forbie Klindt het vroeër vanoggend op 11 Maart 2019 gesê hulle staan tans op R8 500 van die R30 000 doelwit, in die uitdaging om hulle hare af te skeer, ten bate van die Anneke Rossouw Fonds.
Die drie vroue gaan môre Dinsdag 12 Maart 2019, as deel van CANSA se Shavathon, hulle hare afskeer indien hulle ’n minimum van R30 000 kan insamel.
Diegene wat belangstel om ’n bydrae te gee, word aangemoedig om ’n donasie te maak en ’n bewys van betaling teen Dinsdag aan te stuur.