Noodlanding van ligte vliegtuig buite Kimberley

Lees ook :

‘n Ligte vliegtuig het na bewering vandag ‘n noodlanding gemaak ongeveer 5 km buite Kimberley.

Nooddienste is uitgeroep nadat dié vliegtuig in die veld gewaar is.

Die vliegtuig het diep in die veld geland, ongeveer 5km buite Kimberley, aan die buitewyke van Diskobolos.
Die vliegtuig het diep in die veld geland, ongeveer 5 km buite Kimberley, aan die buitewyke van Diskobolos.

André Joemat, waarnemende bestuurder van ER24 in Kimberley, sê nooddienste is oorspronklik uitgeroep na ‘n vliegtuig wat geval het.

“By die toneel aangekom, het ons bevind dit was nie ‘n ongeluk nie, maar moontlik ‘n noodlanding. Niemand is beseer nie.”

Nooddiens-personeel moes diep in die veld inry, maar kon nie by die vliegtuig uitkom nie. Twee insittendes van die vliegtuig is na bewering deur ‘n helikopter opgetel.

Lt.-kol. Dikamatso Mooi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. “Die polisie ondersoek geen saak nie. “Niemand is beseer nie. Dit was ‘n noodlanding van ‘n privaat-vliegtuig.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief