Noodvergadering gereël om Kimberley-kwessies te bespreek

Lees ook :

Die burgemeesterskomitee van Sol Plaatje het vanoggend ‘n noodvergadering om kwessies rakende munisipale dienste te bespreek.

Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van Kimberley en voorsitter van die burgemeesterskomitee, sê: “Die doel van die vergadering is om vier hoofonderwerpe te bespreek, naamlik onderbrekings in watertoevoer, sanitasie en die uitvloei van rou riool, vullisverwydering asook die faktuurstelsel. Ons het die noodvergadering gereël om die kwessie omvattend aan te pak. Daar moet dadelik en pro-aktief op hierdie kwessies reageer word. ”

Voordat Mabilo die publieke vergadering gesluit het, het hy gesê die administrasie van Sol Plaatje-munisipaliteit moet hulle boekhou opskerp.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App