Chloe Ehlers en Jarred Green het Noord-Kaap verteenwoordig tydens die Fezile Dabi interprovinsiale swemgala wat op Saterdag 2 November 2019 in Sasolburg gehou is.
Chloe het drie goue medaljes en een silwer medalje verower en twee rekords gebreek.
Jarred het 2 brons medaljes verower.
Albei swemmers neem op Saterdag 9 November 2019 aan die Griekwaland-Wes biathle interprovinsiaal deel.