Gaan jy hierdie maand jou snor laat groei vir Movember? Deur jou snor in November te laat groei, kan jy ‘n ander man se lewe red.
Movember is ‘n jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid deur die Movember-stigting op hulle webblad Movember.com bekend gestel. Dit behels die groei van snorre gedurende Novembermaand om die publiek van gesondheidskwessies by mans, soos prostaatkanker, testikulêre kanker en selfdood bewus te maak. Die doel van Movember is om ‘die gesig van mans se gesondheid te verander.’
Deur mans (wat die liefdadigheidsorganisasie ‘Mo Bros‘ noem) aan te moedig om betrokke te raak, beoog Movember om vroeë kankeropsporing, diagnose en effektiewe behandeling te verhoog, en uiteindelik die aantal voorkombare sterftes te verminder. Behalwe vir jaarlikse ondersoeke, moedig die Movember-stigting mans aan om bewus te wees van hulle familiegeskiedenis van kanker en om ‘n gesonder leefstyl te handhaaf.