Nuwe aanleg nader voltooiing

Lees ook :

KIMBERLEY. – “Die Newton Reservoir-vlakke is baie laag, maar van die pompe werk en het water in die netwerk gepomp.”

So sê Frans Reichert en Johan Smit, van die Vryheidsfront Plus, wat vanmiddag weer na die Newton Reservoir gegaan het.

“Ons het ook na die Riverton-aanleg gery waar die kontrakteurs besig was met voorbereiding om die Y-stuk vas te giet met beton,” sê Reichert.

Hy sê die pyp “couplings”, wat probleme veroorsaak het, is ook verwyder en vas gesweis. “Die pompe wat water na Kimberley pomp het ook gewerk. Die nuwe aanleg is baie netjies en nader nou voltooiing.

“Dit is ook baie duidelik dat die opgradering van die stelsel nodig was. In die algemeen is daar nog baie werk, maar daar word stadig maar seker vordering gemaak en gee my moed dat vooruit beplan word”, aldus Reichert.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App