Nuwe burgemeesterskomitee aangewys, om onder andere R148 miljoen se uitstaande skuld in te vorder

Lees ook :

Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van Kimberley, het vanoggend met streng voorwaardes nuwe lede op die burgemeesterskomitee vir Sol Plaatje-munisipaliteit aangewys.

Mabilo het tydens die vergadering gesê: “Ons benodig dat korporatiewe dienste aggressief aan die werk spring om R148 miljoen se uitstaande skuld in te vorder. Ons kontantvloei is power, maar sal verbeter word deur betalende gemeenskapslede. Maar ons vra ook vir Kimberley besighede om tot die tafel te kom.”

“Onwettige informele nedersettings sal ontmoedig word. Mense moenie pondokke onwettig opslaan nie. ’n Omvattende program gaan binnekort geloods word om kwessies rondom behuising aan te spreek. Onthou wanneer jy onwettig ’n pondok oprig, is daar nie voorsiening vir water, sanitasie of elektrisiteit nie, omdat dit nie deel is van die munisipaliteit se beplanning nie. Die bou van huise sal aangemoedig word,” verduidelik Mabilo.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief