KIMBERLEY. – Die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, McCollen Jack, het vanmiddag, as deel van die Maths and Science Enrichment through ICT Integration-program, nuwe hulpmiddels aan onderwysers oorhandig.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê hulle brei die program, Edukite, hierdie jaar uit. Ons het vandag Edukite-hardeware en programmatuur vir wiskunde en natuurwetenskap oorhandig.
Die oorhandiging het by Hoërskool Noord-Kaap plaasgevind.


