Onafhanklike ondersoek na waterkrisis nodig – DA

Lees ook :

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het ’n beroep op die LUR van COGHSTA gedoen om dringend in te gryp in die waterkrisis in Kimberley.

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, sê: “Ons versoek kom nadat Sol Plaatje-munisipaliteit toegelaat het dat die stad deur ’n mensgemaakte waterkrisis verlam word. Die DA is bekommerd omdat kennis so laat aan die gemeenskap deurgegee is. Die waterbeperkings gaan ’n groot impak hê op besighede en die lewens van alle burgers.”

“Die waterskandaal is die afgelope tien jaar swak bestuur deur die ANC. Sol Plaatje het nie veel gedoen om die vermorsing van water te verhoed nie. Jy sal op enige dag verskeie strate kry waar ’n gebarste waterpyp lek. Sol Plaatje het ook nie beplanning gedoen vir toegang tot water vir alle inwoners van Kimberley nie,” verduidelik Louw.

Louw sê: “Indien aksie nie onmiddellik geneem word nie, gaan die warm toestande en die onbevoegdheid van Sol Plaatje ’n droë en droewige toekoms vir die inwoners van Kimberley voorspel. Die DA het ‘n skrywe gerig aan die LUR om ondersoek in te stel. Ons wil presies weet hoe die finansies vir die instandhouding van die water-infrastruktuur gespandeer is.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief