Onbekende man oorlede na vragmotor hom tref

Lees ook :

KURUMAN – Die polisie op Kuruman soek steeds na die familie van ‘n onbekende man wat deur ‘n vragmotor getref is.

Brig. Mohale Ramatseba sê in ‘n polisieverklaring die liggaam van die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie sukkel steeds om sy familie op te spoor.

Die man is op 27 Junie 2019 in Voortrekkerstraat deur ‘n vragmotor getref.

Na bewering het die oorledene die pad oorgesteek toe hy deur ‘n vragmotor getref is. Hy het ‘n blou broek, blou T-hemp, grys sweetpaktop en bruin skoene aangehad.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Enigeen wat inligting van die oorledene het, kan konst. Oreeditse Eunice Jonathan, die ondersoekbeampte, by 079 547 0370 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief