Onbekende man oorlede na vragmotor hom tref

Lees ook :

KURUMAN – Die polisie op Kuruman soek steeds na die familie van ‘n onbekende man wat deur ‘n vragmotor getref is.

Brig. Mohale Ramatseba sê in ‘n polisieverklaring die liggaam van die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie sukkel steeds om sy familie op te spoor.

Die man is op 27 Junie 2019 in Voortrekkerstraat deur ‘n vragmotor getref.

Na bewering het die oorledene die pad oorgesteek toe hy deur ‘n vragmotor getref is. Hy het ‘n blou broek, blou T-hemp, grys sweetpaktop en bruin skoene aangehad.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Enigeen wat inligting van die oorledene het, kan konst. Oreeditse Eunice Jonathan, die ondersoekbeampte, by 079 547 0370 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief