Ondersoekbeampte geskiet

Lees ook :

Die Roodepan-polisie het bevestig hulle ondersoek ‘n saak van poging tot moord en diefstal op ‘n ondersoekbeampte. Hy is van sy dienspistool beroof. Die konstabel (47) was ten tye van die aanval nie aan diens nie.

Hy is verskeie kere met ‘n skaapskêr gesteek en in sy arm geskiet.

Luidens die verklaring het konst. Longane ‘n man gesien wat ‘n rok en ‘n pruik gedra het. Dit het vir hom verdag gelyk. Hy het na bewering stilgehou en die man van ‘n afstand af dopgehou.

Die verdagte het in die donker verdwyn waarna hy die konstabel, sonder enige waarskuwing verskeie kere in die kop gesteek het. Die verdagte en die konstabel het toe by ‘n struweling betrokke geraak.

Nadat die verdagte die konstabel geskiet het, het hy met die pistool gevlug.
Die verdagte is steeds nie gevind nie.

Enigiemand met inligting wat kan help met die inhegtenisneming van die verdagte kan lt.-kol. Gaolatlhe Mashodi by die Roodepan-polisiestasie skakel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App