Ondersteun Galeshewe parkrun!

Lees ook :

Groot opwinding heers oor die eerste Galeshewe parkrun wat Saterdag, plaasvind.

Jacques Loots, een van die organiseerders sê dat die doel van die parkrun is om die gemeenskap bymekaar te kry. “Daar is huidiglik ‘n parkrun by Rooifontein, maar ons het gevind dat dit te ver is en almal het nie vervoer tot daar nie.”

Die parkrun sal Saterdag om 07:00 begin en dan vanaf April tot September, wat Jacques as hulle “winter maande” beskou, sal dit om 08:00 begin. Daarna sal dit weer vanaf Oktober tot Maart om 07:00 begin.

“Vir solank as wat daar mense opdaag, vir solank sal ons dit aanhou doen,” sê Loots.

Die geleentheid vind plaas by John Dakastraat in Galashewe.

Jy kan op die webtuiste www.parkrun.co.za/register, registreer.
Vir meer Inligting kan jy Loots by 079 661 3949 bel.


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief